Link to the Show / Show NotesDie laaste spreker by die WWW kongres was Igno van Niekerk. Met Sandsteenpraatjies het hy Oos Vrystaters laat skaterlag oor sy katterige, dog immergroen, skoonma. hy praat uit die hart uit met sy twee kinders, en hy sukkel soos enige welmenende ouer om konsepte soos dood en siekte aan hul te verduidelik. Met humor en deernis gesels hy oor die lewe se wonders en die lewe se special offers wat ons so dikwels misloop.
Ek het hom gevra of ek so een of twee van sy opnames van sy rubriek kan uitstuur op ons ClickKliek Potgooi. Dus gaan ek so elke nou en dan een van sy rubrieke potgooi. Die werke is op twee cd's beskikbaar en indien jul dit wil bekom skryf asb aan hom by igno@intekom.co.za. Ons werk aan sy webblad want hy is ook 'n ongelooflike fotograaf en ek het in verwondering gekyk na die mooiste treffendste fotos wat ek in maande gesien het.
Dit was baie moeilik om die eerste een te kies maar het toe op hierdie een besluit, sy naam is Klagtes aan Kersvader en is die laaste snit op die eerste cd. Hy het nou wel 'n Kersfees tema en ek weet dis nog 'n ruk voor Kersfees hier aankom, maar ek kon myself nie help nie. En as jy in die winkels gaan begin kyk sal die versierings binnekort ook orals op wees dus begin ek ook maar vroeg met my Kersfees dinge.
Laai die eerste "episode" hier af en gee terugvoer aan my ek sal nogal daarvan hou om te hoor wat julle almal daarvan dink.
Dit lyk my iTunes wil nie die mp3 raaksien nie, ek probeer weer om na hom toe te link.
Nico
